Dulce Requena Garcia, 21, van die stad Tampico, is na die naaste polisiestasie geneem, waar sy met R370 beboet is, maar, aangesien sy nie geld gehad het nie, is sy vir 12 ure opgesluit.

Haar man, Edgar Ivan Perez Alvarado, het gekla dat, toe hy ná werk by die huis kom en klere soek om aan te trek om saam met vriende uit te gaan, sy vrou geweier het om dit te stryk en sy hom daarvan beskuldig het dat hy sy minnares wou gaan ontmoet.

Uit frustrasie oor haar weiering, het hy die polisie geroep en aan hulle vertel dat sy te veel tyd voor die televisie deurbring en nie genoeg tyd aan die huiswerk wy nie.

Die werklike aanklag is nie bekend nie.

Bronne: AOL, news.com.au