Wat verg dit om ’n gesin van ses te voed? Wel, meer as 6 000 kalorieë (25 104 kilojoules) elke dag as vyf van hulle nog in jou baarmoeder groei.

kim

’n Australiese ma, Kim Tucci, is swanger met ’n vyfling en deel haar ongelooflike reis aanlyn. Kim (26), wat reeds twee dogters het, het op die natuurlike wyse met vyf babas swanger geraak toe sy en haar man probeer het om ’n seuntjie te kry.

Teen Julie verlede jaar was Kim swanger en in die wolke toe die dokter vir haar sê dis ’n tweeling. “Ek was so opgewonde! ’n Tweeling! Ek was opgewonde oor die moontlikheid van ’n tweeling, maar niks op aarde kon my voorberei op dit wat toe gebeur het nie,” skryf sy.

Lees ook: Die internet gons oor driejarige se weergawe van The Little Mermaid

Sy het gevra of sy ’n duideliker blik op die babas kon kry, en die dokter het toe ’n ander sonogrammasjien gebruik – en dis toe dat haar wêreld op sy kop gekeer is toe hulle sien daar is vyf hartkloppies – vier dogtertjies en ’n seuntjie.

[caption id="attachment_115950" align="alignnone" width="500"]Op 11 weke was Kim reeds groter as party mammas wie se swangerskap einde se kant toe staan. FOTO: Facebook Op 11 weke was Kim reeds groter as party mammas wie se swangerskap einde se kant toe staan. FOTO: Facebook[/caption]

“My bene begin onbeheersd skud en al wat kan doen, is om te lag. Die sonograaf sê toe vir my die regte beskrywing vir vyf babas is ’n vyfling!” skryf sy verder. “Ek het my man vanuit die ultraklankkamer gebel, maar ek dink nie hy het my aanvanklik geglo nie. Hy’t vinnig soontoe gery. Ek kon die opwinding op sy gesig sien toe hy vir my sê: ‘Ons kan dit doen.’”

[caption id="attachment_115951" align="alignnone" width="521"]’n Foto van een van Kim se ultraklank verlede jaar. FOTO: Facebook ’n Foto van een van Kim se ultraklank verlede jaar. FOTO: Facebook[/caption]

Sedertdien het Kim, nou 29 weke swanger, gereeld op haar blog, Surprised by Five, en ook op Facebook geskryf oor die hoogte- en laagtepunte van haar swangerskap.

“Ek sukkel om te eet, want ek het basies niks meer plek in my maag nie,” het sy vroeër vandeesmaand geskryf.

Lees ook: Hoe ’n jong ma wat ‘te vet was om te loop’ 45 kg afgeskud het

“Wanneer jy ’n vyfling verwag, word aanbeveel dat ’n mens 25 100 kilojoules per dag inneem! Ek sukkel om te eet en dwing myself om te eet en dan het ek ure lank refluksprobleme. Ek kan nie baie suiwelprodukte hanteer nie ek kan nie proteïendrankies binnehou nie; so ek begin gewig verloor terwyl ek eintlik gewig moet aansit.”

[caption id="attachment_115952" align="alignnone" width="599"]“Ek het dit tot op 27 weke gemaak en is nog tuis en aktief!” het Kim geskryf by dié foto wat sy twee weke gelede gedeel het. FOTO: Facebook “Ek het dit tot op 27 weke gemaak en is nog tuis en aktief!” het Kim geskryf by dié foto wat sy twee weke gelede gedeel het. FOTO: Facebook[/caption]

Dit was vir haar uiters pynlik om haar babas te dra, maar Kim voel skuldig om enigiets vir die pyn te gebruik omdat sy nie “die idee kan verdra dat my babas die middels inkry nie”.

Die jong ma het ook geskryf oor hoe moeilik dit is om saans te slaap. “Geen hoeveelheid kussings help om my rug en maag te steun nie.”

En om als te kroon moet sy “minstens 12 keer” snags die toilet besoek!

Is dit als die moeite werd? “Ja! Ek sal deurdruk.”

Bronne: MailOnline, News.co.au