In ’n inskrywing op Facebook het Jessica die gru-aanval beskryf.

Luidens berigte het Jessica haar selfoon se laaier in haar voertuig vergeet en toe sy dit in die vroeë oggendure gaan haal, is sy deur ’n onbekende man oorval.

“Ek het besef dat ek die laaier in my voertuig vergeet het. Ek het dit oopgesluit en die koord gegryp. Toe ek terugtree om die deur toe te maak, kom ’n man en slaan my met die vuis op my neus. “

Maar Jessica het blitsvinnig 'n plan beraam en ’n verdedigingstruuk ingespan wat sy by haar ma geleer het.

“Gelukkig het ek my sleutels in ’n verdedigingsposisie gehad, want ek het hom toe met die regterhand bygekom. Ek het hom in die nek geslaan, waarna hy weggehardloop het terwyl hy sy nek vashou. Ek het in die teenoorgestelde rigting na my gebou gehardloop.” 

Op die foto’s wat Jessica op Facebook geplaas het, kan ’n mens duidelik die bebloede sleutel sien, asook haar gekneusde gesig.

Jessica het ook uitgewei oor waarom sy die inskrywing op Facebook gedeel het.

“Ek probeer nie net mense inlig nie, maar dalk ook lewens red. Deel dit gerus. As julle êrens heen gaan, dra altyd jou sleutels tussen jou kneukels. Dis so belangrik vir jou veiligheid.”

Ditsem, Jessica! Hierdie truuk is nie net doeltreffend nie, maar ook prakties.