Die ongeluk het op die hoek van die R27 en Ocean Way, Sunset Beach, naby Kaapstad gebeur.

Met ER24 se aankoms was die vrou steeds in die Corsa-bakkie.

“Paramedici het haaruit die voertuig gehaal, maar sy het op die toneel aan haar beserings beswyk,” sê Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder.

Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog onbekend.