Jill Masterton (62) is Sondag deur rowers in haar huis oorval. Sy is verskeie keer in die kop gesteek nadat aanvallers vermoedelik die houtboksie met haar geliefde rifrughond, Malaika, se as vir ’n juweelboks aangesien het berig Netwerk24. Haar man, Otto (60), glo dit is wat gebeur het.

Die egpaar is vasgebind terwyl die rowers met tussen R30 000 en R40 000 se elktroniese ware weggekom het.

Die egpaar is vasgebind terwyl die rowers met tussen R30 000 en R40 000 se elktroniese ware weggekom het. Eers ’n halfuur nadat die rowers weg is, kon Otto loskom en sy vrou help, maar dit was reeds te laat.

Hulle was 36 jaar getroud. Jill word oorleef deur haar twee seuns, Kai (36) en Tristan (34). Hulle vertel sy het altyd ’n liefde vir diere gehad en het verskeie diere gehelp, van vlermuise tot ’n baba-olifant.

Bron: Netwerk24