Die oorledene was deel van ’n groep van die park se werknemers wat naby die Mooiplaas-gedeelte deur die trop aangeval is. Een van die trop se tande het die vrou van haar lae rug tot haar borskas deurboor. Die vrou het ook ’n ernstige oop breuk van die linkerknie gehad.

Sy was reeds dood toe paramedici op die toneel aankom. Die beseerde vrou is intussen na die Medi-Clinic in Tzaneen geneem vir behandeling, maar is later na die Medi-Clinic Limpopo oorgeplaas.

Jaco Gericke van Maponya 911 het luidens berigte aangedui gewapende veldwagters het die paramedici na die toneel vergesel.

Die voorval word ondersoek.

Bron: lowvelder.co.za