Die ongeluk het kort voor agtuur op die R509 tussen Derby en Rustenburg plaasgevind.

Russel Meiring, ER24-woordvooerder, het gesê ’n 45-jarige vrou was in die wrak vasgekeer. Sy het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Drie van die voertuig se insittendes waaronder ’n man, ’n 17-jarige seun en 14-jarige meisie, is uit die voertuig geslinger.

Die seun verkeer in ’n kritieke toestand en hy is per lugambulans na die naaste hospitaal geneem.

Die 17-jarige seun verkeer in 'n kritieke toestand. Hy is met die ER24 Oneplan-lugambulans na die hospitaal geneem.

Die man en meisie het geringe beserings opgedoen en is per ambulans na die hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.