Sondagmiddag het dit bekend geword dat een van die passasiers wat in Saterdag se gru-voorval beseer is, gesterf het. So ook die aanvaller.

Die 34-jarige vrou was een van ses passasiers wat deur ’n 27-jarige Switserse man aangeval is. Sy het volgens wat berig word, aan haar beserings beswyk. Die ses passasiers het almal brand- en steekwonde tydens die aanval opgedoen. Nog een slagoffer en die kind verkeer in ’n ernstige toestand. Die aanvaller het ook intussen aan sy beserings beswyk. Daar is nog geen aanduiding van die motief vir hierdie aanval nie.

Soos op Saterdag om 20:17 berig is

Volgens wat berig word, is die aanvaller ’n 27-jarige Switserse man.
Die man het glo vlambare vloeistof in die wa gegooi voordat hy dit aan die brand gesteek het. Daarna het hy die passasiers met ’n mes aangeval. Volgens Bruno Metzger, woordvoerder vir Sint Gallen-polisie waar die voorval plaasgevind het, is minstens een kind is onder die ses mense wat beseer is.
Die voorval het plaasgevind toe die trein Salez-stasie (tussen Buchs en Sennwald) genader het.

Twee tieners, ’n meisie en ’n seun beide 17 jaar oud, twee vroue, onderskeidelike 34 en 43 jaar oud, en ’n man (50) het brand- en steekwonde opgedoen. Volgens wat berig word, verkeer van hulle in ’n ernstige toestand.

Die aanvaller is ook beseer tydens die voorval.

In hierdie stadium is daar drie reddingshelikopters op die toneel.

Verskeie alleenloper-aanvalle onlangs het daartoe gelei dat verskeie Europese lande op gereedsheidgrondslag geplaas is. Die motief van die aanval was tot nou toe nog onbekend. Die stasie is tot verdere kennisgewing gesluit. Hierdie aanval volg kort op die hakke van ’n soortgelyke aanval naby Würzburg, Duitsland, toe ’n jong man passasiers met ’n byl aangeval het. Vier passasiers is in die bloedige voorval beseer. Lees ook: 17-jarige val talle soos ’n besetene met ’n byl aan. Hy is na afloop daarvan deur die polisie doodgeskiet toe hy op vlug probeer slaan het.

Bronne: rt.com, bbc.com, skynews.com, independent.co.uk