Die voorval het omstreeks elfuur op Donderdagoggend in die parkeerarea van ’n besige winkelsentrum plaasgevind.

Molly McLaren (23) van Chatham, Kent, Engeland het na bewering in haar voertuig gesit toe haar aanvaller haar oorrompel.

Mense het glo gesien hoe dit gebeur. Ooggetuies het aan Daily Mail vertel Molly, 'n student aan die Kent-universiteit, het aanhoudend getoet en geskree  in ’n poging om van haar aanvaller af te skrik.

Dit was egter vergeefs.

Luidens berigte het haar been by die voertuig se deur uitgehang. Bloedvlekke was ook duidelik sigbaar.

Die parkeerarea was gister teen laatmiddag nog gesluit, berig The Telegraph.

Volgens wat berig word, is die polisie na die toneel ontbied om 'n voorval van ernstige aanranding te ondersoek. Die nooddienste is ook gekontak.

Die Kent-polisie het die voorval bevestig.

“Die slagoffer het verskeie beserings opgedoen wat ooreenstem met steekwonde en op die toneel aan haar beserings gesterf.

“Die verdagte van Rochester is op die toneel in hegtenis geneem op 'n aanklag van moord en is in polisieaanhouding.”

Dit het intussen bekend geword dat die aanvaller niemand anders as Milly se kêrel, Joshua Stimpton (25), van Rochester die man was wat haar grusaam vermoor het nie.

Die twee is glo van 28 Desember 2016 'n paartjie. Stimpton is na bewering bipolêr en het vroeër vanjaar die London-marathon gehardloop om bewustheid vir die versteuring te help skep.

Bronne: The Telegraph, Daily Mail