Die 28-jarige vrou is dood tydens ’n sprong van ’n hyskraan af in Audincthun, naby Saint-Omer in die Pas-de-Calais.

Volgens The Mirror het haar maat “baie ernstige beserings” opgedoen en is hy in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal in die stad Lille opgeneem.

Le Parisien, ’n plaaslike koerant, het met ’n bron na aan die ondersoek gepraat. “Die paartjie het na die bopunt van die hyskraan, 65 m hoog, geklim om ’n reksprong te doen,” het hy gesê. “Tydens die sprong, ongeveer 15 m van die grond, was daar ’n fout met die sluitingstelsel en albei het neergestort.”

'Daar was duidelik ’n probleem met die vasmaak van die paartjie aan die tou.'

“Daar was duidelik ’n probleem met die vasmaak van die paartjie aan die tou,” het Sébastien Piève, die aanklaer, gesê.

“Ons sal probeer vasstel of dit veroorsaak is deur ’n menslike fout of ’n probleem met die toerusting of ’n kombinasie van die twee.”

Die hyskraan, ’n aanloklikheid wat gewild is onder toeriste en besoekers, is gesluit terwyl die polisie die oorsaak van die voorval ondersoek.

Bronne: mirror.co.uk, news.com.au