mosselbaaipunt

Daar word gedink die vrou het in ’n deel by Mosselbaai se bekende Die Punt geval wat moeilik bereikbaar is, sê Craig Lambibon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut in ’n verklaring.

Die polisie sowel as ander mediese noodpersoneel het die area al gefynkam, maar nog niks gevind nie.

Sommige berigte suggereer die vrou mag dalk in een van die grotte langs die krans af woon, maar owerhede kan geen teken van haar opspoor nie.

Die soektog duur voort.

Bron: News24