Die bestuur van die Krugerwildtuin is op soek na ’n motoris wie se voertuig deur ’n leeu aangeval is nadat sy hom vermoedelik gestamp het om hom uit die pad te probeer kry berig Beeld.

William Mabasa, wildtuinwoordvoerder, het aan Beeld gesê ontevrede toeriste het Donderdagoggend die saak by die Krokodilbrug-ruskamp aangemeld.

“?’n Trop leeus het in die pad gelê en die vrou het hulle na bewering uit die pad probeer kry. Die een leeu het geïrriteerd geraak, opgestaan en haar voertuig met sy kloue gekrap,” het Mabasa gesê.

Volgens Beeld het die vrou, wat ongedeerd is, blykbaar vinnig weggejaag net voordat die toeriste haar registrasienommer kon afskryf.

LEES MEER HIER

Bron: Beeld.com