Party van ons droom daarvan om ’n ruimtevaarder of ’n rockster te word, maar Pixee Fox wou nog altyd ’n strokieskarakter wees. [caption id="attachment_112607" align="aligncenter" width="585"]Foto: Pixee Fox/Facebook Foto: Pixee Fox/Facebook[/caption] Dié 25-jarige van Swede het al meer as R1,7 miljoen aan kosmetiese chirurgie uitgegee om soos haar gunsteling-strokieskarakters Jessica Rabbit, Aurora van Sleeping Beauty en Holli Would van Cool World te lyk.

Die onomkeerbare chirurgie beteken haar laer organe het geen beskerming nie.

“Mense kom sê dikwels vir my: ‘Moet dit nie verkeerd opneem nie, maar jy lyk soos ’n strokieskarakter',” sê Pixee, wat nou in Noord-Carolina in Amerika bly. “Maar vir my is dit ’n kompliment, want dit is was ek wil bereik.”

Die voormalige elektrisiën het ses van haar onderste ribbe verlede maand in ’n vyf uur lange sleutelgatoperasie laat verwyder om haar middel tot ’n rekord van 36 cm te verklein. Die onomkeerbare chirurgie beteken haar laer organe het geen beskerming nie.

[caption id="attachment_112610" align="alignnone" width="521"]“Ek wil die piepklein middel hê, die boude, groot borste, groot oë en ’n baie mooi gesig.” “Ek wil die piepklein middel hê, die boude, groot borste, groot oë en ’n baie mooi gesig.”[/caption]

Die aspirant-model se duisende aanhangers op sosiale media het help geld insamel om vir die prosedure te betaal.

“Daardie strokieskarakters verteenwoordig die idealisering van die vroulike liggaam,” sê sy. “Ek wil die piepklein middel hê, die boude, groot borste, groot oë en ’n baie mooi gesig.”

Pixee oefen vyf uur per dag in ’n poging om haar lyf nog verder te laat krimp.

“Die enigste rede waarom ek dit nou kon doen, is omdat die dokters my nou eindelik begin ernstig opneem. Hulle kan sien ek is nie ’n mal mens nie en dat ek weet wat ek doen.”

[caption id="attachment_112614" align="alignnone" width="585"]Volgende jaar wil Pixee boud-, heup- en wimper-inplantings kry. Volgende jaar wil Pixee boud-, heup- en wimper-inplantings kry.[/caption]

Sy het al vier neusoperasies en vier borsvergrotings, ’n operasie aan haar boonste ooglede, vuller-inspuitings in haar wange en ’n Brasiliaanse boudligting gehad. Sy het ook labiaplastie ondergaan om oortollige weefsel van haar labia te laat verwyder.

Volgende jaar wil Pixee boud-, heup- en wimper-inplantings kry en vet laat uitsuig om haar wange meer te laat uitstaan.

BRONNE: Mail Online, The Mirror, The Sun