Pretoria –

[caption id="attachment_111919" align="alignnone" width="600"]Foto: Rekord Moot Foto: Rekord Moot[/caption]

Die voorval het by ’n kruising in Pretoria-Wes plaasgevind.

Alta de Wet het aan Rekord Moot gesê hulle het op 5 November by ’n rooi lig stilgehou toe iemand haar pasassiersdeur probeer oopmaak. Twee ander mans het toe die motor omsingel en haar beursie en selfoon geëis.

Sy kon nie haar pepersproei kry nie en gryp toe die stuurslot en begin hulle daarmee slaan.

Sy het aan die koerant gesê sy het een van hulle in die gesig getref. "Dis die tweede keer dat só iets met my gebeur. Ek het gedink: genoeg is genoeg," het Alta gesê

Sy het ook bygevoeg haar dogter se beangste gille het haar krag gegee.

Sy het daarin geslaag om die mans af te skrik.

Bron: News24; Rekord Moot