Sharista Giles van Madisonville, Tennessee, was vier maande swanger toe sy en ’n vriend in die motorongeluk betrokke was wat haar met ernstige kopbeserings gelaat het. Haar herstel word as ’n wonderwerk bestempel omdat dokters min hoop gehad het dat sy ooit sou herstel.

“Die dokters het vir ons gesê dat daar niks anders is wat hulle kan doen nie,” het haar ma, Beverly Giles aan ABC News gesê.

“Hulle het reeds alle hoop opgegee. Ons het nooit opgegee nie. Sy het só hard geveg.” Hul hoop was nie tevergeefs nie.

“Sharista se oë is oop, sy kan dit knip, en sy druk ons vingers wanneer ons haar vra,” het die familie op ’n Facebook-blad geskryf wat hulle oopgemaak het om haar herstel te dokumenteer.

Die babaseuntjie word tans na verwys as “Baby L” totdat Sharista voldoende herstel om self vir hom ’n naam te gee.

Bronne: abcnews.go.com, metro.co.uk