Die 21-jarige kantoorwerker van Moskou was glo besig om ’n selfie te neem waarin sy die geweer vashou toe die sneller afgaan. Die koeël het haar tempel getref.

Die geweer was glo in haar kantoor agtergelaat deur ’n nalatige sekuriteitswag wat vir twee weke op verlof is. Hy het sy dienspistool net daar laat lê.

Die wag kan tot ses maande tronkstraf opgelê word sou daar bevind word dat hy sy nalatig in sy optrede was.

Bronne: Independent.co.uk; Mirror.co.uk