Lesia Pettijohn en haar man, Jonathan, was op pad na die Bay Area-geboortekliniek in Texas. Hulle het 45 minute gery toe sy besef haar tyd het aangebreek.

Nie lank daarna nie is Baba Josiah in die egpaar se voertuig gebore. Boonop is die hele proses met ’n GoPro-kamera op video vasgevang.

“O, die water het gebreek! Die water het gebreek!” hoor ’n mens Lesia sê terwyl haar man aanhou ry.

“Ek sou slegs die motor van die pad aftrek as iets verkeerd geloop het waaraan ek dadelik aandag sou moes gee,” het Jonathan aan KHOU gesê.

Die meganikus, reeds ’n pa van twee kinders, het kalm gebly en sy vrou deur die hele proses gelei.

“Ek was dalk meer ontsteld as wat nodig was. Ek wou glad nie hê hy moet in die motor gebore word nie. Ek was bang. Ek het nie geweet of hy okei asemgehaal het nie en of hy nog iets nodig sou hê nie,” het hy gesê.

Lesia het gelukkig hul pasgebore baba sonder enige probleme verwelkom.

“Ons baba is pas in die motor gebore. Ons het dit reggekry!” het Lesia gesê. “Dis ’n seun! Liefie, dis ’n seun!”

Die egpaar het hul video op YouTube gedeel en meer as 11 miljoen mense het binne vyf dae daarna gekyk.

Bronne: boredpanda.com, dailymail.co.uk