Haar grootste droom is om in ’n rooi aandrok met ’n kaal rug oor die dansvloer te gly. Maar sy het lankal daarmee vrede gemaak – ’n droom sal dit altyd net bly.

Want Ilze Jansen van Rensburg het ’n probleem wat haar al lewenslank soos ’n skadu agtervolg, altyd daar om die doodgewoonste oomblikke en die mees spesiales in ’n angservaring te omskep.

Dis dié probleem wat haar o haar troudag in ’n waas van selfbewuste spanning voor die kansel laat staan en bid het.

Wat haar later uit haar loopbaan as onderwyser verdryf het. Wat meegewerk het dat albei haar huwelike op die rotse beland het.

Wat vir ander iets heel alledaags is, is vir Ilze ’n stryd wat haar hele lewe omgekeer het – en haar reeds ’n loopbaan en twee huwelike gekos het.

Dis dieselfde probleem wat haar bang maak vir iets so doodgewoon soos om op te staan nadat sy lank op ’n stoel gesit het. Want sê nou net ’n klam kol bly agter?

Die 51-jarige vrou se oë skiet vol trane terwyl sy vir die eerste keer in haar lewe openlik praat oor die siekte wat haar sedert haar kinderjare teister.

‘‘Hulle noem dit hiperhidrose. Eintlik beteken dit net ek sweet oormatig baie.’’ Dis waarom sy op haar troudag so vreesbevange was vir klam kolle op haar bruidsrok.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Junie 2010.

Bespreek vir Skouspel!