'n Jong vrou wat besig was om met haar kêrel te stry, het, drie minute voodat sy vermoedelik 'n noodlottige ongeluk veroorsaak het, aan hom 'n sms-boodskap gestuur: ”Ek is dronk en ek bestuur, wooo... jy sal vir my dood verantwoordelik wees.” Die Miami Herald het berig dat Mila Dago, 22, aan haar kêrel 60 venynige selfoonboodskappe gestuur het voordat sy haar vriendin, die 22-jarige passassier Irina Reinoso, se dood veroorsaak het toe sy in Miami, Florida,'n rooi lig geïgnoreer en in 'n afleweringswa vasgery het

'Ek is is moeg daarvoor om deur jou geruïneer te word.'
“Ek is is moeg daarvoor om deur jou geruïneer te word,” het Dago ge-sms. “Jy sal my dood veroorsaak.” Op 14 Augustus 2013 het Mila and Irina gaan kroegloop, maar sy was die hele aand in 'n verwoede stryery met haar kêrel betrokke en sy het gedreig om hom te los. Sy het haar met gehuurde Smart-motor deur 'n rooi lig gery en teen die afleweringswa gebots.
Ná die ongeluk was die bestuurder van die afleweringswa bewusteloos, en Irina is dood. Toe Mila, wat slegs kneusplekke oorgehou het, twee uur ná die ongeluk getoets is, was haar alkoholvlak volgens berig twee keer die wetlike alkoholvlak. Volgens NBC Miami is sy in Januarie verlede jaar gearresteer en aangekla van manslag onder die invloed van alkohol, manslag met 'n voertuig en twee gevalle van dronkbestuur waar 'n persoon geskaad is. Sy is onder huisarres geplaas nadat sy borgtog van R240 000 betaal het, het NBC Miami berig. Mila, nou 24, het onskuldig gepleit op al die aanklagte en daar is nog geen datum vir haar verhoor vasgestel nie.

Bronne: CBS News, Daily Star, News.com.au