'n Fotograaf van die Hawaise eiland Maui het onlangs 'n tragiese ontdekking gemaak. As deel van haar fotografieprojek The Homeless Paradise neem Diana Kim haweloses in Honolulu in Hawai af.

Haar ouers is uitmekaar toe Diana nog klein was en sy het naderhand kontak met haar pa verloor. Diana het aan NBC News vertel haar pa was self op sy dag 'n fotograaf en dat sy as kind die kuns by hom geleer het, maar dat hy later in haar lewe "afwesig" geword het. "Hy ly aan erge skisofrenie en wanneer dit nie behandel word nie, reageer hy nie altyd op mense nie. Daar was heelparty gevalle waar dit sou lyk asof hy met iemand stry, maar dan is daar niemand daar nie."
Nadat hulle herenig is, het Diana haar pa aangemoedig om behandeling vir sy toestand te kry, maar hy het eers in Oktober verlede jaar ingestem nadat hy 'n hartaanval gehad het. Diana vertel dit gaan deesdae stukke beter met haar pa. Hy ondergaan volgens berigte behandeling, is opsoek na 'n deeltydse werk en wil selfs sy familie in Suid-Korea gaan besoek.

Bronne: Bored Panda, Twitter, NBC News