Die 47-jarige Susan Rohde van Johannesburg is Sondag, 24 Julie, dood in haar hotelkamer by die Spier-landgoed naby Stellenbosch gevind.

Hoewel daar aanvanklik gedink is Susan het selfdood gepleeg, berig Netwerk24 nou dat ’n klag van moord ingedien is.

Susan was die vrou van Jason Rohde, die hoof uitvoerende beampte van die eiendomsagentskap Sotheby's in die Goudstad.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie. Volgens die polisie word die saak ondersoek.