Dit is die nare lot van ’n vrou van Ohio in Amerika wat ’n seldsame bakteriese ontsteking opgedoen het weens haar kat.

Janese Walters het aan Toledo News Now vertel sy het ’n ruk gelede een oggend wakker geword en geen sig in haar linkeroog gehad nie.

Dokters was uit die veld geslaan oor die oorsaak, tot Janese genoem het sy het ’n troetelkat. Medici sê sowat 40 persent van katte dra die siekte, en dat eienaars hul hande moet was nadat hulle met hul troeteldiere gespeel het. Die bakterie woon luidens berigte in die katte se pels en speeksel.

Moet ook nie dat jou katte aan oop wonde of seerplekke lek nie. Die bakterie is nie vir katte skadelik nie, maar kan onder mense tot lewerprobleme, blindheid en meningitis lei.

Bronne: toledonewsnow.com,