Sam Bell van Hampshire in Engeland is uit die hospitaal ontslaan drie dae nadat sy ná ’n keisersnee die lewe geskenk het aan haar dogter, Chloe, en nadat die vroedvrou haar steke verwyder het.
Sy het haar jeans aan haar lyf voel kleef en toe sy die broek losmaak, het sy haar ingewande sien uitpeul.

Sy was by haar huis toe die voorval gebeur. Sy het haar jeans aan haar lyf voel kleef en toe sy die broek losmaak, het sy haar ingewande sien uitpeul.

’n Ambulans het eers 40 minute later by haar aangekom. “Dit was moeilik; ek het probeer om nie te huil nie, maar ek het nie geweet hoeveel van my ingewande nog kan uitpeul nie,” het Sam gesê.

Die dokters het 20 kramme gebruik om die vel te heg en Sam het nog vier dae in die hospitaal deurgebring. ’n Woordvoerder van die hospitaal het gesê: “Ons vra me. Bell opreg verskoning vir wat ’n baie ontstellende ervaring moes gewees het.” ’n Ondersoek is begin.

Bronne: metro.co.uk, inquisitor.com