Gugu Zulu se vrou, Letshego, het ’n roerende huldeblyk aan hom op Instagram gedeel. Dit sou vandag hul derde huweliksherdenking gewees het. Die plaaslike renjaer is verlede jaar tydens ’n Trek4Mandela-ekspedisie teen berg Kilimandjaro in Tanzanië oorlede.

“Hoewel die dood ons nou skei, sal jy vir ewig my dag een wees, my nommer een, my ou, my liefling, my alien,” het Letshego op Instagram geskryf by ’n foto van haar wat op hul troudag ’n ring aan Gugu se vinger steek. Hy was net 38 toe hy oorlede is. “Ek vier dié dag met ’n knop in my keel omdat dit inderdaad ’n ongelooflike dag was. Geseën deur die Almagtige. ’n Band wat sal hou tot oneindigheid eindig . . . “Ek is lief vir jou en mis jou verskriklik, Gugulethu Mathebula Zulu. Geseënde huweliksherdenking.”

Sy het ook ’n foto gedeel van ’n boodskap wat haar ma vanoggend vir haar gestuur het.

Mom's message this morning ?

A post shared by Letshego Zulu (@letshegozulu) on

Letshego het ook drie rooi rose van haar suster ontvang vir die drie jaar wat sy en Gugu vandag as getroudes sou vier.
Sy het vroeër vandag tydens ’n onderhoud met Gareth Cliff gepraat oor haar geliefde man se afsterwe en hoe sy ná sy dood die stukke van haar lewe optel.
Sy het ook gister ’n foto gedeel van haar en Gugu op hul trounaweek.
Die egpaar se dogter, Lelethu, vier in Junie haar tweede verjaardag. Letshego het onlangs vertel hoe trots sy is nadat Lelethu glad nie gehuil het toe sy haar by haar kleuterskool aflaai nie. “Nou vir die beste deel nog,” het sy geskryf by ’n kiekie van die kleinding op ’n skopfiets. “Ek het vir die eerste keer ’n helm op haar kop gesit en sy het dit nie afgetrek nie. Laat die avontuur begin!”