Sy het pas met die liefde van haar lewe getrou en was opgewonde om ’n gesin met hom te begin. Courtney Cosper Waldon was dolgelukkig . . . voor die ondenkbare gebeur het.

Courtney (27), van Georgia in Amerika, het in 2016 derdegraadse brandwonde aan haar gesig en lyf opgedoen toe iemand petrol op ’n nabye kampvuur gooi.

Die vlamme het ontplof in haar rigting en 40 persent van haar lyf gebrand. Daar is met haar hospitaal toe gejaag waar dokters haar vir ’n maand lank in ’n mediese koma geplaas het.

En twee weke later het Courtney se man haar gelos omdat “hy dit nie kon hanteer nie”, sê sy.

[caption id="attachment_173504" align="alignnone" width="590"]Foto: GoFundMe Foto: GoFundMe[/caption]

“Dit was ’n klap in die gesig toe my man my los. Ek het probeer en hom gesmeek om terug te kom, my dogter het dit nie verdien nie, maar hy’t net gesê hy kan my nie so hanteer nie.”

Die ma van een het aan The Mirror gesê sy het alles verloor. En haar hemelhoë doktersrekening het veroorsaak dat sy en haar dogter nou haweloos is.

Courtney het die traumatiese oomblik wat haar lewe vir altyd verander het, beskryf: “Ek onthou elke sekonde van wat gebeur het. Ek onthou hoe ek gebrand het. Ek het geval en gerol en iemand het my uiteindelik platgeduik tot op die grond. Ek het geskree bel die ambulans.”

Sy was vir 51 dae lank in die intensiewe sorgeenheid.

“Ek het gegaan van ’n mooi meisie wees, pasgetroud, my lewe was in orde. En toe kon ek skielik skaars myself aantrek en het hulp benodig met alles en moes weer leer hoe om dinge te doen.”

Toe haar vyfjarige dogter haar uiteindelik ná die ongeluk sien, het sy nie haar ma herken nie. Maar toe sy haar stem hoor, het sy haar dadelik omhels.

Courtney sê dít het haar gehelp om nie tou op te gooi nie.

burned3

“Wanneer ek gesukkel het om te leer loop, het sy vir my gesê ek moet haar hand vashou.”

Sy het sedertdien ’n Gofundme blad begin waar sy tonne lone en steun ontvang.

“Ek raak elke dag meer hoopvol en weet ek is hier vir ’n rede,” sê Courtney.

Bronne: The Sun.co.uk, Mirror.co.uk, Daily Mail.co.uk