Die Umgeni-munisipaliteit (wat sentreer om die KwaZulu-Natalse dorp Howick) moet R450 000 toeken aan ’n vrou wat ernstig beseer is toe ’n slaggat ’n band aan haar motor laat bars en haar motor by ’n wal afgery het.

Chiman Patel, KwaZulu-Natal se regter-president, het Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg die uitspraak gelewer.

Lorraine Margaret Burns se prokureur het die skuld vir die ongeluk op die munisipaliteit se werknemers gepak wat nie slaggate in Currys Post-weg in Umgeni herstel het nie.

Ná die ongeluk in Julie 2008 is Lorraine in die hoësorgeenheid opgeneem en het sy drie weke in die hospitaal deurgebring met beserings aan onder meer haar skouer en kop.

Die munisipaliteit het beweer Lorraine was nalatig en het versuim om behoorlik op die uitkyk te wees, om die slaggat te vermy en het nie redelike sorg en vaardigheid uitgeoefen nie. Hierdie nalatigheid het óf die ongeluk veroorsaak óf daartoe bygedra, het die munisipaliteit voorgehou.

Bron: Sapa