’n Vrou het spinnekop probeer doodmaak deur haar huis af te brand.

Ginny Griffith het haar badkamerhanddoeke met ’n sigaretaansteker aan die brand gesteek nadat sy die gedierte op haar badkamermuur gewaar het. Die brand het binne minute na die res van die huis versprei.

Die 34-jarige het nooddienste ontbied en vyf brandweerwaens is na haar woonstel in Kansas in die VSA gestuur, waar hulle die brand moes blus.

Die adjunk-brandweerhoof Doug Hanen het in ’n verklaring gesê soos hulle ingegaan het, het sy span rook uit ’n hoop klere net binne die huis sien kom. Maar hulle het ook heelwat ander plekke gesien waar die brand kon ontstaan het.