, het die Valke Donderdag gesê.

Sy is in Pietermaritzburg vasgetrek nadat ’n geheime agent gereël het om die 19 maande oue baba by haar te koop, het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.

Die kind is aan ’n maatskaplike werker oorhandig en die R5 000 is teruggekry. Die vrou sal na verwagting Vrydag in die Pietermaritzburg-landdroshof op aanklagte van mensehandel verskyn.

Hangwani sê die rol wat die webtuiste met geklassifiseerde advertensies in die voorval gespeel het, word ondersoek.

  • Gumtree het intussen self 'n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat die betrokke advertensie verwyder is en dat die vrou wat dit opgelaai het se rekening geblok is. Die maatskappy het ook bevestig dat hulle die polisie in enige moontlike ondersoek na die vrou se dade sal bystaan.

Bron: News24