Sy sê dis ’n bedekte seën, aangesien dit haar aangespoor het om haar familie se Skotse herkoms na te speur.

’n Kanadese vrou het van ’n perd afgeval en, toe sy haar spraak terugkry, met ’n Skotse aksent begin praat.

Sharon Campbell-Rayment (50) het, tot haar familie en vriende se skok, woorde soos “awright”, “wee” en “grand” in ’n Skotse aksent begin sê. Dokters het later vreemdetaalsindroom by haar gediagnoseer.

Ten spyte van haar bisarre toestand beskou Sharon die ervaring as ’n seën omdat dit haar aangespoor het om haar familie se Skotse herkoms na te speur. Sy skryf nou ’n boek oor dié toestand.