’n Vrou het ’n boete gekry nadat sy in die noordweste van Engeland op ’n perd by ’n McDonald’s ingery en hy sy “besigheid” op die vloer gedoen het.

Die vrou, wat nie haar naam wou gee nie, is weggewys by die deurrykiosk en het toe met haar perd by die eetplek ingery, waar die dier op die vloer getjorts het.

’n Woordvoerder vir die maatskappy sê: “Ek kan bevestig dat ’n vrou op 20 Julie haar perd by ons restaurant in Whitefield ingebring het nadat sy nie by die deurrybaan gehelp is nie.

“Die voorval het ons klante verontrief en ontwrigting in die restaurant veroorsaak. Die polisie het die vrou ’n boete opgelê.

“Ons klante en personeel se gesondheid en veiligheid is ons hoofprioriteit; daarom kan ons nie voetgangers, fietsryers of klante op perde by ons deurryfasiliteit help nie.”