’n Vrou (44) het ’n luislang-aanval oorleef op Lephalale (Ellisras), Limpopo, het Beeld Dinsdag berig.

Volgens die berig het Janet uit die stort geklim en aangetrek toe sy iets om haar enkel voel. Toe sy afkyk, sien sy die slang se kop. Die slang het hom stywer om haar been begin draai.

“Die slang het ’n groot kop en tande gehad en ek het besef ek moet hom van my afkry,” het Janet gesê.

Beeld berig sy het met albei hande probeer om die luislang van haar beenaf te kry, maar hy was baie sterk.

“Daar was oral bloed, want die slang was besig om my te pik.”

Janet het ná haar stryd gesê sy was op die vloer om die slang van haar af te kry en het besef sy moet van die slang af wegkom. Sy het ’n kussing tussen haar en die slang geplaas.

Haar negejarige seun, Jakobus Botha, het deur ’n oop slaapkamervenster gespring en gehardloop na waar Janet se verloofde, Brent Birk, was. Brent het ’n veter om Janet se been gebind en haar na ’n hospitaal 50 km daarvandaan gebring.

“Ek het vyf inspuitings gekry... Brent het teruggejaag en die slang doodgemaak,” het Prinsloo gesê.

- Sapa