’n Begrafnisondernemer in Duitsland het flou geval toe die “lyk” in die kis by die begrafnisonderneming skielik regop sit en vra: “Waar is ek?”

Die 92-jarige vrou is enkele ure vroeër dood verklaar deur ’n dokter by ’n aftreeoord omdat hy geglo het sy het ophou asemhaal. Toe die begrafnisondernemer bykom, het hy die vrou in die kis sien lê met albei oë wawyd oop en het haar pols geneem.

Hy het ’n ambulans ontbied en die vrou is na ’n plaaslike hospitaal gejaag.

Hy het ’n ambulans ontbied en die vrou is na ’n plaaslike hospitaal gejaag.

Haar familie is in kennis gestel en die polisie het ondersoek by die aftreeoord ingestel.

Bronne: standardmedia.co.ke, Daily Mirror