“Ek het die deksel oopgemaak en ’n pers dingetjie gesien, byna soos ’n orgaan of binnegoed. Toe ek dit liggies met my vurk druk, het dit omgedraai en na my gekyk,” het Zoe Butler aan die Nottingham Post gesê.

Zoe het op Twitter gesê die vervaardigers van die tuna is ingelig oor die probleem, en hulle het beloof om teen die einde van die week antwoorde oor die vreemde gedierte te gee.