Glo jy in feetjies? Elfies? Spoke? Kabouters?

Natuurlik nie, of hoe?

Wel, kyk dan eers na twee foto’s wat die Imgur-gebruiker MeTarzanYouJane gedeel het. Dis foto's is van ’n maanbeligte tuin wat enkele sekondes uit mekaar geneem is.

babygroot In die eerste een is daar niks buitegewoon nie. Maar in die tweede een lyk dit of daar ’n klein bonatuurlike wesentjie oor die gras hardloop. “’n Familielid het hierdie twee foto’s geneem op die aand toe die maan ongewoon groot en vol was,” het MeTarzanYOuJane by die foto’s geskryf. “Die tydsverloop tussen die twee foto’s was sowat twee sekondes. Wat my interesseer, is dat nie een van die familielede al gehoor het van Photoshop nie; nog minder het hulle dit al ooit gebruik.  

Weird photo need a reasonable explanation. Details below.

“Dis in die voortuin van ’n huis geneem wat hulle onlangs gekoop het en waar hulle nog nie heeltemal ingetrek het nie. Dinge wat my opgeval het en interesseer: Dit lyk of dit op sy twee agterbene beweeg, dit het ’n skaduwee in vergelyking met die eerste foto, en dis meestal donker behalwe vir die deel wat ek dink die gesig is. Hierdie dinge skakel die moontlik uit dat dit ’n vuil kol op die lens was, want kolle maak nie skaduwees nie.”

Sommige kommentators het met ’n paar billike teorieë vorendag gekom – dis iets wat deur die lig veroorsaak is, ’n gebreekte lens, ’n uiters ratse uil . . . maar dié een is beslis ons gunsteling: “Dis ’n seldsame foto van ’n wilde baba Groot.”]

Ja, nes Groot in die gewilde Guardians of the Galaxy-rolprent.

Nou tou nou. Wie is ons om te stry?

Ekstra bron: The Mirror