[caption id="attachment_115270" align="alignnone" width="600"]Suk Yin Cheng (Foto: Facebook) Suk Yin Cheng (Foto: Facebook)[/caption]

Dit het in ’n nadoodse ondersoek aan die lig gekom Suk Yin Cheng (20), aan haar vriende as Caley bekend, was bang haar kêrel, Mohammad Khalil (22), sou gedwing word om met iemand anders te trou.

[caption id="attachment_115271" align="alignnone" width="600"]Mohammad Khalil (Foto: Facebook) Mohammad Khalil (Foto: Facebook)[/caption]

Toe besluit die jong vrou om haar eie lewe te neem. Sy het haar kêrel van twee jaar gebel voor sy haar in Julie verlede jaar voor ’n dubbelbaanpad gegooi het.

Daar is tydens ’n geregtelike ondersoek na haar dood in die ooste van Staffordshire in Engeland vasgestel dat Mohammed en Caley onafskeidbaar was en hy met haar wou trou.

Lees ook: ’n Vreemdeling se vriendelikheid red onwetend man se lewe

Hy het haar die aand voor haar dood gesien, het Mohammad aan die polisie gesê en sy het “oukei gelyk en was gelukkig en het geglimlag”.

Maar nadat sy by sy huis weg is daardie aand het sy na die besige dubbelbaanpad gery, by ’n rusgebied langs die pad afgetrek en omstreeks kwart oor 12 op 1 Julie vir Mohammad gebel. “Sy’t gesê sy is lief vir my en dat sy dit vir my doen. Ek het nie geweet hoekom sy dit gesê het nie,” het Mohammed gesê.

Toe sy aflui, het Caley voor die trok ingeloop. Sy is 20 voor een die oggend aan veelvuldige beserings oorlede.

Ondersoekbeamptes het vasgestel dat Caley aan vriende op sosiale media gesê het sy is bang Mohammad gaan gedwing word om met ’n ander vrou te trou, maar hy sê hulle het dit nie daardie aand bespreek nie.

Andrew Haigh, ’n senior lykskouer van Staffordshire, het Woensdag by die geregtelike doodsondersoek bekendgemaak Caley het “haar lewe geneem terwyl sy ontsteld was”.

Lees ook: Hierdie man se laaste Facebook-plasing sal jou hart breek

Van haar familielede het dit bygewoon. “Caley was ’n goedhartige mens en lief vir haar familie,” het haar oom Michael Cheng ná die ondersoek gesê.

“Sy het ’n goeie modesin gehad en was ’n opgeruimde meisie en ’n optimis. Dis nog baie moeilik om te glo dat sy dit so sou doen omdat dit nie is hoe sy was nie. Almal in die familie sal haar onthou en haar altyd liefhê.”

Bronne: The Telegraph, The Metro