Op die foto koer sy en haar man, wat anders as sy ’n gespierde, lenige lyf het, al te liefies op die strand.

“Oor die jare het die man elke kurwe, rolletjie en rekmerk op my lyf liefgehad. Ek het nooit verstaan hoekom nie. Hoe kon hy iets liefhê wat nie volmaak was nie? Hoe kan ’n man wat fiks gebore is, lief wees vir iemand soos ek?” wou Jazzy verward weet.

Sy gaan dan voort deur haar liggaam te beskryf en daarna kom die selfaanvaarding.


“Ek sien nou ek het wel die ‘volmaakte’ liggaam. Elke rol, kurwe en rekmerk is net perfek om ons albei gelukkig te maak.

“Ek is smoorverlief op my liggaam en sien eindelik hoekom hy ook is.”

Menige ander was totaal versot op die foto en Jazzy se Instagram-plasing  en ons beslis ook.

Derduisende mense het op haar inskrywing gereageer.

Jazzy het ook haar ergste kritici die teendeel bewys toe sy ’n foto deel waarin sy wel oefen.

“Aan al die haters wat dink ek is net vet en ongesond, nie dat ek nodig het om enigiets aan enigiemand te bewys nie, maar ek oefen en is gesond.”

Sy het egter haar aanhangers gemaan om goeie eetgewoontes en oefening te handhaaf om gesond te bly.

Wees lief vir jouself  niemand is ’n beter jy as jyself nie.

Bronne: Metro.co.uk; Cosmopolitan.com; Instagram