Maar dis nie die geval vir Anna Bondesson van Bara, Swede, nie. Sy ly aan 'n uitermatige fobie vir kaas. Selfs net as sy kaas sien, bars sy in trane uit.

"Die reuk van kaas is die ergste. Ek kan nie verstaan hoe enigiemand iets kan eet wat na braaksel ruik nie,” het sy aan die Daily Mirror gesê. Die 33-jarige besigheids-ontleder beweer dat sy, vir so lank as wat sy kan onthou, aan hierdie vreemde fobie ly.

'Die reuk van kaas is die ergste.'

Sy vertel oor hoe dit begin het: "Een van my kollegas het vir hom 'n parmesaangegeurde pastei werk toe gebring en dit in die mikrogolfoond opgewarm.

"Binne twee sekondes het die kaasgeurige stoom my neus bereik en toe raak ek heeltemal paniekbevange.

"My liggaam reageer fisies in die vorm van trane, met die gevolg ek het in trane uitgebars.

Anna se kaas-fobie het ook 'n negatiewe uitwerking op haar liefdeslewe. Sy het eenkeer met iemand uitgegaan en alles het goed verloop totdat sy agterna na sy tuiste toe is.

"Hy het by die sitkamer ingekom met die grootste kaasbord wat ek nog ooit gesien het,” het sy vertel.

"Ek het natuurlik histeries geraak. Trane het oor my wange begin rol en ek het buitentoe gestorm.

"Dit was vanselfsprekend die laaste afspraak met hierdie man.

"Dit het my egter glad nie gepla nie; ek sal nie met 'n man kan uitgaan wat dink kaas is só lekker dat dit die hoogtepunt van die dag moet vorm nie.”

Bronne: mirror.co.uk, express.co.uk