Bloemfontein –

[caption id="attachment_113766" align="alignnone" width="363"]Foto: News24 Foto: News24[/caption]

Bahedile Oliphant (46) se gesin was verpletter toe sy drie dekades gelede spoorloos verdwyn.

Sy is in 1984 saam met haar man na Klerksdorp in Noordwes en het haar eenjarige dogter (nou 32) agtergelaat. ’n Voormalige privaat ondersoeker wat anoniem wil bly, het haar later vrywillig opgespoor.

“Ek is net bly hulle het nie moed opgegee nie. Hulle het my gesoek en gekry,” het ’n duidelik emosionele Bahedile gesê. Bahedile, wat ses kinders het, is glo ’n paar jaar nadat sy by die huis weg is van haar eerste man geskei. Sy is toe weer getroud en het vyf kinders by haar tweede man. Hy is in 2012 dood.

Intussen het haar suster, Christina, gesê sy het reeds haar suster laat dood verklaar

“Ek wou na my familie teruggaan, maar my man het nie permanent gewerk nie – en ná sy dood was dit heeltemal onmoontlik om terug te gaan huis toe.

“Ek is nou hier om te bly. Ek is bly ek is net betyds vir Kersfees terug,” het sy aan News24 gesê.

Intussen het haar suster, Christina, gesê sy het reeds haar suster laat dood verklaar.

“Ons het nie geweet waar sy is nie. Ek het gedink sy is dood. Ek wou net berusting kry. Ek het iemand nodig gehad wat my kon help om haar te vind of net haar graf te vind,” het sy gesê.

“Ek het nie goed geslaap nie. Ek het altyd gewonder of sy dood is of nie. My grootste vrees was dat sy sou sterf sonder dat ons haar weer sien of weet waar sy is. Ons het haar gemis. Elke dag sonder haar was moeilik.”

Sy het gesê voor hul ma in 2008 dood is, het dié gewens haar dogter is daar. “Ons ma het altyd pyn gehad voor sy dood is. Dit was altyd haar wens om voor sy sterf my suster te sien,” het sy gesê.

Bron: News24