Die fyngeboude Odette Delacroix van Los Angeles het ’n fortuin gemaak deur die vreemde fetisj waar sy deur tot vyf groter modelle – met ’n gesamentlike gewig van 794 kg – platgedruk word.
Ek weet dit klink vreemd, maar ek is mal daaroor om platgedruk te word; dis opwindend.

Die druk van die gewig kan so erg wees dat sy by tye gedwing word om meer as 4 minute lank haar asem op te hou. “Party van my kliënte betaal my om ‘pigpiles’ te doen waar ’n klomp groot geboude vroue op my sit terwyl ek plat op ’n harde oppervlak lê. Dit kan nogal ondraaglik raak. Ek is nog nooit beseer nie, maar dit kan gevaarlik raak – daar is die risiko van versmoring,” sê Odette.

“Daarom oefen ek en volg ’n streng dieet sodat ek sterk genoeg kan wees om aan te hou hiermee. Ek swem gereeld, want dit help my om my asem langer op te hou en ek strek altyd voor ’n fotosessie, want dit is uiters belangrik.”

Daar is selfs mans wat Odette betaal sodat hulle kan kyk hoe die vroue haar platdruk – en party van die vroue spog met ’n borsmaat van 102ZZZ.

Die model, wat in ’n langtermynverhouding met haar kêrel is, het erken dis vir haar seksueel prikkelend. “Ek weet dit klink vreemd, maar ek is mal daaroor om platgedruk te word; dis opwindend. Ek put groot genot daaruit om vasgedruk, vasgekeer of omring te wees. Vir my is dit soos die teenoorgestelde gevoel van kloustrofobie.”

Bronne: mirror.co.uk, express.co.uk, cosmopolitan.com