Drie weke voor die fotosessie vir haar verlowing, was Brooke Lowry skielik weer enkellopend.

Sy en haar verloofde het ’n “oulikerige paartjie”-Disney-fotosessie met die fotograaf Drexelle Park gereël ter viering van hul verlowing.

“Disneyland, soos ’n feëverhaal, is feitlik net soos my geliefkoosde, en ek het geweet hierdie mylpaal in my lewe sal nie volmaak wees as so ’n magiese plek nie deel daarvan is nie,” het Brooke aan Buzzfeed gesê.

Pleks van die hele sessie kanselleer, het die oudwerknemer van Disney TV Animation besluit om alleen voort te gaan. En die foto’s is asemrowend.

“Dit was ’n bittersoet dag,” het sy aan The Huffington Post gesê.

[caption id="attachment_158797" align="alignnone" width="601"]PHOTO: D. Park Photography Foto: D. Park Photography[/caption]

"Wat veronderstel was om verlowingsfoto’s te wees, was op die ou end, weens onvoorsiene omstandighede, ’n solosessie."

Aangesien die sessie reeds bevestig was en dit te laat was om te kanselleer en die uitrustings ook reeds “noukeurig uitgesoek en volgens maat gemaak is”, het sy besluit om in elk geval op te daag in die hoop dat sy eendag weer na die foto’s kan kyk met die wete dat hulle die einde van die een hoofstuk aangedui het en die begin van ’n nuwe avontuur.

[caption id="attachment_158792" align="alignnone" width="500"]PHOTO: D. Park Photography Foto: D. Park Photography[/caption]

Sy het ook aan BuzzFeed vertel hoe, hoewel sy “ongelooflik teleurgesteld, hartseer, alleen, bang, skaam en verwerp” gevoel het, sy onthou het hoekom sy in die eerste plek lief was vir feëverhale.

“Hierdie vroue is goedhartig, selfs wanneer ander nie is nie,” het sy gesê.

“Hulle is lojaal en medemenslik, aanvaardend en vol vertroue, elegant en onderskeidend, dromers en daders. Hulle soek die beste in ander, hulle bring eer aan hul gesin en hulle werk hard en bly getrou aan hulself.”

[caption id="attachment_158795" align="alignnone" width="600"]PHOTO: D. Park Photography Foto: D. Park Photography[/caption]

“So, pleks van die oulikerigste paartjie op troufoto’s te wees, het dit ’n ‘ek is ’n prinses, mag ek lank regeer’-fotosessie geword,” het sy gesê.

“Dit was ook simbolies om Disneyland self op die agtergrond te hê – ’n plek waar ek met ’n nuwe droom vir myself kan begin en ’n nuwe verhaal vir myself uitdink.”

Brooke erken sy was aanvanklik senuweeagtig, maar toe voel sy “pragtig en sterk, ironies romanties en eerlik opgewonde oor dit wat die lewe vir (haar) kan inhou nadat die laaste foto geneem is.

“Ek het nou wel nie ’n koninkryk gered nie, maar ek het daardie oggend uit die bed opgestaan en dapper die onseker toekoms tegemoetgegaan.”

[caption id="attachment_158793" align="alignnone" width="500"]PHOTO: D. Park Photography Foto: D. Park Photography[/caption]

Sy het ook “trots en bemagtig” gevoel toe sy na die foto’s kyk.

“Wanneer ek na daardie foto’s kyk, sien ek ’n prinses wat verkies om ’n volmaakte dag te beleef in ’n onvolmaakte situasie,” het sy gesê.

“Vroue is sulke sterk, veerkragtige en pragtige skepsels, en jy kan jou eie heldin wees,” het sy voortgegaan. “Jy het die mag om elke dag skoonheid te vind en dit magies te maak.

[caption id="attachment_158794" align="alignnone" width="600"]PHOTO: D. Park Photography Foto: D. Park Photography[/caption]

"Ek en my eksverloofde kon op die ou end nie mekaar liefhê soos ons mekaar moes liefgehad het nie. Hoewel dit ’n hartseer gedagte kan wees, is ek bly oor die tyd wat ons saam deurgebring het en die lesse wat ons geleer het. Hy is werklik ’n lieflike mens. Die glasskoentjie het hierdie Aspoestertjie eenvoudig nie gepas nie.”

Bronne: buzzfeed.com, huffingtonpost.com