Wou jy ooit soos jou gunsteling-glanspersoon lyk? Wel, hierdie vrou het meer as R321 000 bestee om soos Kim Kardashian te lyk.

Die Brit Claire Leeson het in ’n onderhoud met This Morning gesê nadat sy in 2009 Keeping up with the Kardashians gekyk het, het sy ’n obsessie oor Kim ontwikkel. Dit was toe dat sy plastiese chirurgie begin kry het om soos haar rolmodel te lyk.

Die 24-jarige van Londen het ook genoem dat sy vroeër geboelie en geterg is. Sy het gevolglik twee keer selfdood probeer pleeg.

Claire skuld nou meer as R110 000 as gevolg van die operasies wat sy oor die jare ondergaan het, maar sy sê sy haar gedaantewisseling is nog onvoltooid.

[caption id="attachment_78919" align="aligncenter" width="600"]Foto's: Facebook Foto's: Facebook[/caption]

Bron: Channel24