Die blok menslike ontlasting het glo uit ’n vliegtuig geval bo-op ’n vrou van die Madhya Pradesh-distrik in Indië. Gelukkig het dit nie bo-op haar kop geval nie, maar op ’n nabye dak waarna dit haar skouer getref het.

Sy het gelukkig grootliks ongeskonde daarvan afgekom. Sommige meen die skade kon veel erger gewees het.

Rajrani Gaud (60) het Times of India vertel sy was besig om in die straat af te loop toe die "monster" uit die bloute langs haar val.

Dit is nog nie duidelik hoe die blok uit die vliegtuig geval het, of uit watter vliegtuig dit geval het nie. Maar dit was nie die eerste keer dat só iets gebeur het nie.

In Oktober laasjaar het ’n Britse-paartjie skade aan hul dak ook toegeskryf aan ’n gevriesde blok menslike ontlasting wat uit die lug geval het.

Bronne: Metro.co.uk; BBC News

Lees ook:

Tegnikus sterf toe vliegtuigenjin hom insuig

Skrikwekkende oomblik toe sterk wind vliegtuig verhoed om te land