In 'n nuwe video wat onlangs wyd op die internet versprei is, steek 'n vrou die onderbroek van haar (eks-) kêrel aan die brand as vergelding oor hy haar glo verneuk het.

Eers word 'n bottel naellak-verwyderaar oor sy onderbroek uitgegooi waarna sy hom doodluiters op dié sensitiewe plek aan die brand steek.

Die man spring verwoed op en gil op sy meisie oor wat sy aangevang het.

Sommige loof haar optrede, ander sê weer dis aanranding.

Ons almal wonder seker maar self wat ons in so 'n situasie sou doen.

Die video is ongelukkig reeds verwyder.