Die vrou, vermoedelik in haar 40’s, is kritiek beseer toe die ligte voertuig waarin sy was teen ’n vragmotor bots.

Die motorwrak is aan die kant van die vragmotor gevind nadat dit ’n entjie verder tot stilstand gekom het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vrou was in die wrak vasgekeer en moes met gespesialiseerde toerusting daaruit verwyder word.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

Die vrou is eers op die toneel behandel en toe na die hospitaal geneem.