Charity Johnson het verlede Oktober by ’n hoërskool ingeskryf en gesê sy is 15 jaar oud. Haar ware ouderdom het aan die lig gekom toe die vrou by wie sy haar woonstel gehuur het, die polisie laat weet het sy is nie regtig ’n tiener nie.

Dit is onbekend waarom Charity haarself as ’n tiener voorgedoen het om te kan skoolgaan.

Sy word in die Gregg-distrikshof in Texas aangehou.

Bron: The Houston Chronicle