Arme Simon! ’n Vrou van Engeland neem glo antidepressante om haar vrees vir die multimiljoenêr en musiekghoeroe te oorkom.

Sy is so “allergies” vir Simon Cowell dat dit haar lewe verwoes, sê Michelle Hall (42). “Dit het alles 10 jaar gelede begin toe ek hom die eerste keer op die verhoog sien met sy broek wat amper tot by sy nek opgetrek is,” vertel sy.

Dié desperate ma van drie moet selfs haar man vra om haar uit te neem vir ete wanneer haar kinders die Britse sangkompetisiereeks The X Factor wil kyk.

Sy kry glo paniekaanvalle wanneer sy hom sien en erken dat sy onbeheerbaar braak, hartkloppings kry en in ’n koue sweet uitslaan.

“Wanneer ek sy foto sien, wil ek net weghardloop,” voeg die desperate huisvrou by. Arme vrou!

Kyk dié video vir haar indruk van Simon:

- Janine Nel

Bronne: mirror.co.uk, thesun.co.uk