Netwerk24 het berig dat die voorval Vrydag by die Grey-Kollege Pre-Primêre skool plaasgevind het. Daar was na bewering ná 'n argument tussen die geskeide paar oor hul seun se skoolklere.

Natasha Swart van Woodland Hills, Bloemfontein, staan tereg op 'n aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Volgens 'n woordvoerder van die polisie is dit nie duidelik hoeveel keer Natasha haar eksman, Gerhard, se Jeep met haar motor gestamp het nie, maar die skade beloop volgens berig R200 000.

Die seun was agter in die Jeep tydens die voorval. Nòg die seun, nòg die eksman is beseer.

Sy is later Vrydag met 'n boete van R500 vrygelaat en sal weer op 24 Junie in die hof verskyn.

Netwerk24 het bygevoeg dat die paar sowat vier maande gelede geskei het.

Netwerk24