’n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy ’n foto van haarself geneem het in ’n rok wat sy gesteel het.

Danielle Saxton het na bewering klere en juweliersware gesteel by ’n boetiek in Illinois in die midweste van die Verenigde State voor sy ’n selfie van haar in ’n rok met ’n kenmerkende luiperdvelmotief op Facebook geplaas het, het die Huffington Post berig.

Die boetiek se mede-eienaar Kert Williams het gesê hy het die gesteelde items op Facebook genoem en mense wat Danielle se plasing gesien het, het die assosiasie gemaak.

Sy word van kleinhandeldiefstal aangekla.