Die luukse huis in New Malden, in die suide van die Britse hoofstad, is afgesper terwyl forensiese beamptes Maandagnag bewysstukke bymekaargemaak het.

Volgens die Daily Mail het bure gesê ’n Suid-Afrikaanse egpaar, Tania en Gary Clarence, wat in die huis gewoon het, het vier kinders, maar drie van hulle het hul ma se voltydse sorg nodig gehad.

Die oorlede kinders is ’n vierjarige meisie en driejarige tweelingboeties.

Die Daily Mail berig Gary, wat ’n hoë amp in ’n beleggingsfirma beklee, kuier glo op die oomblik saam met die paartjie se oudste dogter in Suid-Afrika.

Die polisie is Maandagoggend na die huis ontbied. Die gesin het dit sowat ’n jaar gelede betrek nadat die huis ’n groot opknapping ondergaan het. Dié verbeterings het ’n hysbak vir die kinders ingesluit.

Die egpaar het na bewering sowat 12 jaar gelede na Engeland geëmigreer.

LEES MEER HIER

Bronne: Sapa/Daily Mail

Blomme en speelgoed is buite die huis neergesit.