’n Vrou was verstom toe sy 100 miljoen lire (R645 miljoen) in ’n kluis kry en hoor dit is nou niks werd nie.

Claudia Moretti, van Pesaro in die noordooste van Italië, het ’n huis opgeruim wat haar oorlede oom vir haar nagelaat het toe sy afkom op die fortuin wat in ’n kluis versteek was.

Maar die Banca D’Italia het vir haar gesê die geld is waardeloos, want die geldeenheid is al langer as 10 jaar in onbruik sedert Italië op 1 Januarie 2002 die Euro as betaalmiddel aanvaar het.

Me. Morretti het prokureurs aangestel om die besluit te probeer herroep. Maar haar appèl is van die hand gewys, want die bank het reeds bepaal dat alle lire-banknote en -munte voor 6 Desember 2011 gewissel moes word.